Opposisiepartye teen muilbandwet


Dwarsoor die wêreld word ‘n vrye pers as teken van ‘n demokrasie gesien. Die vraag is dus of Suid-Afrika se wêreldberoemde demokrasie steeds as sulks gehuldig kan word indien die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting môre finaal voor die Nasionale Vergadering (NV) gelê word.
Indien die NV besluit om dit te aanvaar, kan pres. Jacob Zuma dit spoedig onderteken en tot wet verklaar, tensy dit eers na die konstitusionele hof verwys word om te bepaal of dit met die Grondwet bots.

Toe die NV die wetsontwerp in sy destydse vorm in November 2011 aanvaar het, het alle opposisiepartye daarteen gestem. Alle opposisiepartye was ook ten gunste van die verwysing van die wetsontwerp na die konstitusionele hof.

As ’n derde van die NV se lede daarop aandring, is die president verplig om die wetsontwerp na die konstitusionele hof te verwys voordat hy dit kan onderteken.

Sedertdien is sekere veranderings aangebring. Die ANC oefen na bewering baie druk op veral kleiner opposisiepartye uit om nie die verwysing daarvan na die konstitusionele hof te steun nie.

Die ANC is drie setels kort van ’n tweederdemeerderheid. As vier opposisielede dus oorgehaal kan word om die verwysing na die konstitusionele hof nie te steun nie, kan die poging skipbreuk ly.

In die opposisiegeledere is daar ‘n groot geskarrel in die hoenderhok om te sorg dat die ANC nie ‘n tweederdemeerderheid kry nie. Die groter opposisiepartye (die DA, Cope, die IVP, ACDP, VF+ en UDM) staan saam oor die kwessie.

Vir ons Boere-Afrikaners is die situasie dalk ‘n bietjie tragie-komies. Per slot van rekening kry die opposisie en pers maar net dít waarna hulle gestreef het. Toe ons gewaarsku het teen die gevare van die ja-stem; dit beklemtoon het dat dit met magsmisbruik, geldverkwisting en ‘n diktatuur sou gepaard gaan, is ons uitgeskel as dom Neandertallers.

‘n Voorbeeld van hoe daar teen ons gediskrimineer word, is dat Beeld geweier het om ‘n betaalde advertensie van die VVK se verkiesing te plaas; hulle demonstreer hulle “onafhanklikheid” deur te weier om die moorde op Blankes en die duidelik geteikende boeregemeenskap te erken en onderspeel dit en maak dit af asof dit gelyk is aan ‘n handsakroof in Hillbrow terwyl hulle weet dat volksmoord is.

Media 24 en die DA het bloed aan hulle hande vir die rol wat hulle speel om juis die waarheid van die volk weg te hou. Dink aan die bedenklike rol wat Media 24 in die skeuring van die Nederduitsch Hervormde Kerk speel.

Die DA, asook die pers sien net om na die belange van die geldmag. Die paar finansiële skandale wat die DA periodiek opdiep en met groot luister deur die pers verkondig word, is ‘n druppel in die emmer gemeet aan die magte wat agter hulle sit en is slegs ‘n lawaai om die onnosele mense te laat dink dat hulle wel ook hulle belange op die hart dra.

Die rol van die pers is baie goed opgesom deur John Swinton. In 1880 was hy die eregas by ‘n banket toe daar ‘n heildronk op hom en die vrye pers ingestel is. Tot die verbystering van sy kollegas het hy in sy antwoord weggetrek en gesê dat hulle almal weet dat daar nie iets soos ‘n vrye pers in Amerika bestaan nie.

Hy het voorts gesê: “There is not one of you who dares to write your honest opinions, and if you did, you know beforehand that it would never appear in print. I am paid weekly for keeping my honest opinion out of the paper I am connected with. Others of you are paid similar salaries for similar things, and any of you who would be so foolish as to write honest opinions would be out on the streets looking for another job. If I allowed my honest opinions to appear in one issue of my paper, before twenty-four hours my occupation would be gone.
“The business of the journalists is to destroy the truth, to lie outright, to pervert, to vilify, to fawn at the feet of mammon, and to sell his country and his race for his daily bread. You know it and I know it, and what folly is this toasting an independent press?
“We are the tools and vassals of rich men behind the scenes. We are the jumping jacks, they pull the strings and we dance. Our talents, our possibilities and our lives are all the property of other men. We are intellectual prostitutes.”
Netjies en uit die perd se bek. Gesien in terme van ons volk se lewe en strewe is daar dus nie rede om simpatie te voel met die hoofstroommedia nie. Behalwe vir een baie belangrike kwelling, nl: hoekom nou.
Die Regering weet dat hulle kan basies doen wat hulle wil en dat hulle eintlik die hoofstroommedia beheer. Die rede vir enige drakoniese wetgewing in terme van die pers, het juis niks met die pers te doen nie.
Waaroor dit gaan is die alternatiewe pers. Meningsopnames dui telkens daarop dat die publiek vertroue in die hoofstroommedia verloor het. Sirkulasiesyfers daal terwyl die alternatiewe pers se leserstal styg. In Amerika het President Obama so tussen die lawaai van bomaanvalle ook die sg. CISPA-wet geteken wat die alternatiewe pers gaan teiken.
Hierdie Wet op die Beskerming van Inligting is net die eerste stap. Die uiteindelike doel is om die Regering en sy propagandamasjienerie teen die alternatiewe pers te beskerm.