Oorlog se hoë prys


Die twee oorloë in Irak en Afghanistan se koste vir die V.S.A. is astronomies in finansiële terme. Daar word bereken dat dit die land ongeveer $5-triljoen kan kos, waarvan op hierdie stadium slegs sowat 40% spandeer is. Benewens die fisiese oorlogvoering is daar die langtermyn kostes om na die terugkerendes om te sien waarvan die grootste gedeelte medies- en ongeskiktheidkostes is.

In vorige oorloë sou die stertesyfer veel hoër gewees het, maar met die gevorderde mediese kundighede kon vele persone se lewens gered word en van hulpmiddels voorsien word om ten spyte van liggaamlike letsels met hulle lewens voort te gaan. Dit veroorsaak aansienlike addisionele uitgawes vir die dekades wat voorlê.

Nog ‘n bykomende koste wat verreken moet word aan die einde van ‘n oorlog, wat so ver vanaf ‘n land se eie gebied gevoer word, is die terugbring van die militêre toerusting. Die V.S.A. het reeds begin om van sy toerusting vanaf Afhanistan terug te bring, maar die groot aanhef lê nog voor. Daar moet nog byna 40 000 voertuie en ongeveer 100 000 kratte plus geweldige hoeveelhede ander goedere oor ‘n bergagtige omgewing herwin word. Die gevaar waaronder die toerusting vervoer moet word, met onvoorspelbare terroriste aanvale, voordat dit vanaf die hawens verskeep kan word skep bykomende probleme en kostes.

Daar word bereken dat dit meer as $5-miljard gaan kos om die toerusting terug te kry en dat daar meer as 80 000 persone in die proses betrokke sal wees. Sekere toerusting word in die land agter gelaat vir gebruik deur die nuwe opgeleide Afghaniestanse weermag.