Oorlog kan verwag word in Korea


Die moontlikheid van ’n volskaalse oorlog in Korea word ’n al groter moontlikheid en die kanse word nou geraam op 70% tot 80%.

Só het ’n Chinese deskundige oor Korea, Zhang Langui, ’n dosent in Beijing, aan die Chinese koerant Liangui gesê. Die berig is later in die Duitse Frankfurter Allgemeine Zeitung aangehaal.

Zhang het gesê die doel van die Noord-Koreaanse regime van Kim Jong-oen is om die twee state van Korea met wapengeweld te herenig.

Die kommunistiese regeerders van Noord-Korea voel selfversekerd met die besit van atoomwapens maar volgens Zhang oorskat die Noord-Koreane hul eie militêre krag.

Die VSA is dieselfde mening toegedaan en het reeds gereed gemaak om enige optrede van Noord-Korea in dieselfde munt terug te betaal.