Oorgrenspark nou sonder renosters


Veldwagters van Mosambiek is die stropers wat die laaste enkele renoster in die Mosambiekse deel van die Limpopo-oorgrenspark uitgewis het.
Die park van 35,000 km² bestaan uit die Krugerwildtuin, die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek en Gonarezhou in Zimbabwe.

Die Internasionale Fonds vir Diere Welsyn (Ifaw) het in ’n verklaring bekend gemaak daar was in 2002, met die oorgrenspark se proklamering, 300 renosters in die Limpopo Nasionale Park.

Al 300 is nou uitgewis en die administrateur van die park sê 30 veldwagters in Mosambiek sal binnekort in die hof verskyn weens die stropery.

Waarnemers sê die oorgrens-parke beleid is waarskynlik die swakste besluit wat die ANC regering geneem het oor natuurbewaring.

Daarbenewens is dit ’n uiters gerieflike manier om onwettig na Suid-Afrika te kom.

Dit is ’n bekende feit dat Suid-Afrika reeds meer as 10 miljoen mense uit ander Afrika lande huisves waarvan die meeste onwettig in die land is.