Ondersee kabels herstel


Seacom, die eienaars van die ondersee se kabels wat sekere Afrika state met Europa en Asiê met internet verbind, het bekend gemaak dat die kablels weer ten volle herstel is. Dit word vermoed dat die kabels beskadig was deur ‘n skip wat sy anker oor die kabels gesleep het.

Seacom kabel van 17,000 kilometer het in 2009 in bedryf gekom en verbind sekere ooskus state van Afrika, waaronder Djibouti, Mosambiek Tansanië, Kenië en Suid-Afrika, met Europa en Asië met hoë spoed internetverbinding.

Die kabel bestaan uit ‘n samestelling van dubble en enkel gewapende kabel, spesiaal beskermende kabel en ligte kabel sonder beskerming. Die stelsel bevat 150 optiese versterker herhalers, in Engels bekend as “amplifier repeaters”, wat elk etlike tientalle kilometers van mekaar versprei is. Die verspreidingsafstande word bepaal deur verskeie faktore soos transmissie kapasiteit van die vesels in die kabel en ander bepalende faktore van die versendingsterkte behoefte van die betrokke vesels in die kabel.