Omstrede Spear skildery verhuis


The Spear, die skildery wat pres Zuma uitbeeld volgens die skilder se denke, is in sy beskadigde vorm deur ‘n Duitser gekoop.

Dié koper het R120,000 vir die skildery betaal, het die Hillbrow-landdroshof gehoor.

Alexander Pinero, logistieke bestuurder van die Goodman-galery, sê die skildery id deur ’n Duitse versamelaar in ontvangs geneem

Die skildery is op 22 Mei 2012 deur Louis Mabukela beskadig.

Die skildery het wêreldwyd opslae gemaak toe die een hofbevel na die ander gevel is oor die omstrede kunswerk.