Olifant verniel voertuig


’n Olifant in die Krugerwildtuin het die voertuig van ’n Poolse toeris erg beskadig en die insittendes ernstig beseer in die noorde van die Krugerwildtuin.

Die olifant het die Hyundai-motor getrap en die motor omgerol waarna hy doodluiters weer weggestap het.

Die 49-jarige Poolse man, met sy Chinese vriendin (29), wat glo ’n student is was tussen Shingwedzi en Punda Maria aangeval.

Die aanval het vroegoggend naby die Babalala-piekniekplek gebeur.