Obama kry ’n behoorlike drag slae


Die Amerikaanse president, Barack Obama het ’n liederlike drag slae op die lyf geloop met die stemming oor die beoogde Wet op wapen-beheer wat hy wou instel.

Kenners meen Obama se gewildheid het selfs onder sy eie partylede skerp afgeneem toe hy gepoog het om die grondwetlike reg op wapenbesit uit die hande van die Amerikaners wou neem.

Obama pak toe die skuld op die invloedryke National Rifle Association (NRA). Dit het hom nog verder in onguns gebring want peilings toon dat die wysiging aan die wapenwet geen verskil sal maak aan misdaad nie.

Obama word verkwalik dat hy nie eerder kundiges geraadpleeg het oor die aangeleentheid nie. Instede daarvan het hy hom verlaat op die argumente van mense wat beslis nie kenners op die gebied is nie.

Sy oorgretigheid om die stryd te wen, het hy sy wetsontwerp deur die kongres probeer gedryf met slinkse taktieke wat uiteindelik geboemerang het.