Nuusflitse


• Drie mans is in die Pietersburg hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die Cope-LP, Jack Tolo.
• Die gevalle Amerikaanse fietsryer, Lance Armstrong, beplan om sy terugkeer tot mededingende internasionale sport as ‘n swemmer te maak maar is met sy eerste poging tot deelname teengestaan deur die Internasionale Swemfederasie wat kapsie gemaak het oor sy moontlike deelname en moes dus onttrek.
• Wetenskaplikes in Japan het ‘n nuwe manier gevind om mense se drome te “lees” deur magnetiese resonansie-skandeerders te gebruik.
• ‘n Voormalige ¬gevangene wat MIV opgedoen het nadat hy op sy eerste aand in die tronk deur twee mans verkrag is, dagvaar die Ministerie van Korrektiewe Dienste vir R1,7 miljoen.
• Ek wens Madiba sterf liewer. Só het prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), gesê, maar later het hy dit heftig ontken.
• Dit is onwaarskynlik dat Trevor Manuel, minister in die presidensie, vir nog ’n termyn in die politiek sal aanbly. Hy sal waarskynlik ná die nasionale verkiesing volgende jaar uit die politiek bedank. Dit sal dan die logiese tyd wees om dit te doen,” volgens prof. Kotze.
• Houdini, die swart mamba wat verlede maand by die Pretoria-dieretuin soek geraak het, is deur personeel van die dieretuin gevind.
• Die aandeelprys van Telkom SA, wat in Maart ‘n nuwe uitvoerende hoof, Sipho Maseko, aangestel het, het geval tot naby sy laagste vlakke in ‘n jaar ná die nuus dat sy wesensverdienste per aandeel met ten minste 20% gedaal het.
• ’n Voormalige munisipale verkeershoof in Noord-Transvaal het op 1,640 aanklagte van bedrog en oortreding van die Nasionale Verkeerswet in die streekhof in Louis Trichardt verskyn. Hy het glo 800 mense van vervalste bestuurslisensies voorsien.
• ’n Vyfjarige seun van Johannesburg wat diep geraak is deur die uitwissing van renosters vir hul horings, het net meer as R4,000 aan die Rhino SA-veldtog teen renosteropery geskenk met sy insameling van fondse.
• Die kurators van Julius Malema se boedel het ‘n hofaansoek ingedien om hom te laat vervolg vir minagting van die hof. Hy het in stryd met die hofbevel, nie gehoor gegee om al sy bates te verklaar nie. Later is berig dat die saak van die hofrol geskrap is, maar geen redes is bekend waarom dit gedoen is nie.
• ‘n Noorweegse uitruilstudent is die naweek op Seinheuwel in Kaapstad deur gewapende boewe verkrag ná hulle haar vriend vasgebind het.
• Die voormalige polisiehoof Jackie Selebi sal vandeesweek ‘n hartverwante operasie ondergaan – en dit is bekend dat hy ly aan diabetes en ‘n niersiekte.
• Die begrafnis van die voormalige Britse premier Margaret Thatcher sal op 17 April plaasvind, het die huidige premier, David Cameron, se kantoor in Downing-straat gesê. Die Koningin en haar man sal die ongewone doen deur die begrafnis by te woon.