Nuusflitse


• Amptenare in Saoedi-Arabië het Woensdag ‘n man van Jemen onthoof, waarna hulle sy liggaam gekruisig het, het die ministerie van binnelandse sake in die koninkryk gesê. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy ‘n Pakistanse burger vermoor het.
• ‘n Stapper is in ‘n kritieke toestand in ‘n Kaapstadse hospitaal opgeneem nadat hy by Constantia-nek op ‘n Tafelberg-staproete geval het.
• Die verhoor teen die seun wat aangekla word van die moord op ‘n gesin van Griekwastad, sal oor omtrent ses maande hervat word.
• Sewe Nigeriërs is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle met heroïen met ‘n geraamde straatwaarde van bykans R2 miljoen betrap is.
• Die Suid-Afrikaanse miljardêr Patrice Motsepe is aangestel as die voorsitter van die nuutgestigte Brics-sakeraad.
• Die belhamel in die verkragting, roof en moord op Amelia Henning (36) en ook ’n polisiereservis, is in die Vrystaatse hooggeregshof twee lewenslange vonnisse en 15 jaar tronkstraf opgelê.
• Konflik het die naweek in Kenia opgevlam nadat dié land se hoogste hof bevestig het dat Uhuru Kenyatta in die presidentsverkiesing gewen het.
• Reddingswerkers het nóg lyke in die puin van ‘n gebou wat in Dar es Salaam ineengestort het gevind. Dít bring die dodetal op 34 te staan nadat die gebou drie dae gelede ineengestort het, het ‘n plaaslike regeringsbeampte gesê.
• Sowat 1,400 besoekers aan die Eiffeltoring in Parys, Frankryk moes inderhaas ontruim word nadat ‘n anonieme bomdreigement ontvang is. Later is vasgestel dat daar geen bom geplaas is nie.
• Die Padverkeer Bestuurskorporasie het berig dat sowat 700 mense gedurende die Paasnaweek in hegtenis geneem is weens dronkbestuur.
• Minstens 100 000 huishoudings in dele van Pole was sonder elektrisiteit weens swaar sneeuval.
• Verlede jaar se Paasnaweek sterftesyfer was net meer as 100 en in 2011 was dit 297. Vanjaar staan die syfer op 31 en kan toegeskryf word aan die feit dat baie minder mense die naweek gereis het weens die uitermatige duur brandstofprys.
• Poppekas, ’n verhoogstuk uit die pen van die Bloemfonteinse dramaturg Iine Fourie, se aanbieding op die KKNK is ontwrig toe ’n lid van die gehoor die verhoog betree en sy misnoeë met die produksie laat blyk het. Die toneelstuk word beskryf as ’n psigologiese riller en in die feesprogram word gewaarsku dit bevat eksplisiete taal, sowel as geweld- en sekstonele, maar sommige teatergangers blyk nietemin uit die titel af te lei dat die publikasie nie werklik hardebaard-vermaak is nie.
• Byna 500 studente van Kaïro se Al-Azhar Universiteit is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem ná hulle voedselvergiftiging opgedoen het.
• ’n Johannesburgse prokureur is gister in die Mogwase-landdroshof naby Sun City op borgtog van R10,000 vrygelaat nadat hy vyf voetgangers doodgery het terwyl hy blykbaar onder die invloed van drank was.
• ’n Jong man (18) is die Paasnaweek in hegtenis geneem nadat hy glo 15 rooi verkeersligte gedurende ’n onwettige jaagtog geïgnoreer het.
• Die eerste skoolkwartaal is verby, maar sommige skole het steeds geen handboeke nie. Die twee provinsies Noord-Transvaal en die Oos-Kaap word die ergste geraak deur die wanbestuur wat ondervind word met verspreiding van skoolboeke.
• Die saak van strafbare manslag teen Carl Pistorius, broer van die moordbeskuldigde Oscar Pistorius, duur voort in Vanderbijlpark.
• Chad le Clos en die res van Suid-Afrika se voorste swemmers sal wél later vanjaar Fina se Wêreldbyeenkoms in Barcelona, Spanje kan bywoon.