Nog vyf weermag soldate sterf


‘n Volledige ondersoek gaan gedoen word om redes te vind waarom ’n helikopter neergestort het in die Krugerwildtuin.

Vyf lede van die Suid-Afrikaanse Weermag was in die helikopter tydens die ongeluk. Geen oorlewendes is gevind nie.

Die ongeluk vind plaas kort nadat die slagting plaasgevind het in die Sentraal-Afrika Republiek, toe rebelle gemaai het onder SANW soldate.

Die helikopter het blykbaar verlede Saterdag omstreeks 19:00 in die Krugerwildtuin neergestort. Die Weermag was met ‘n geskeduleerde patrollie besig as deel van die veldtog van Operasie Renoster wat renosterstropery probeer bekamp.