Nog Tol-paaie kom


Die ANC regering gaan deur middel van Sanral nóg vyf of ses tolpaaie op Suid-Afrikaanse hoof roetes, soos die N12 tussen Johannesburg en Kimberley bou.

Die regering is so behep om meer geld uit die belastingbetaler se sak te jaag dat die moontlikheid om nog tolhekke op te rig alles oorheersend geword het, is die kommentaar van waarnemers.

Die weerstand wat gebied is in Sentraal Transvaal en ook in die Wes-Kaap is vir die regering van geen belang nie. Deursigtigheid en die eise van die kiesers is nie meer iets wat in ag geneem word nie, en die regering wil daarmee wys wie is die baas, het een waarnemer gesê.

Die brandstofheffing wat veronderstel is om genoeg fondse te genereer om openbare paaie in goeie toestand te hou, is nou nie meer vir die maghebbers genoeg nie. Die R45 miljard wat jaarliks op die wyse gevorder word, moet nou aangevul word met baie tolhekke tesame met die onrealistiese hoë tariewe, het hy gesê.