Nog ’n Muldersdrift moord


Mnr. Paul Schulte, die landgoed Heia Safari Reservaat se bestuurder, is in Muldersdrift aan die Wes-Rand koelbloedig vermoor by sy woonplek in die wildreservaat.

Meneer Schulte is die soveelste slagoffer wat in die Muldersdrift omgewing vermoor is deur terroriste.

Die gebied word reeds as ’n misdaad geteisterde gebied beskryf, en inwoners raak nou opstandig omdat die polisie nie die misdadigers kan vastrek nie.

Die Vryburger sal meer besonderhede verstrek sodra dit beskikbaar gestel word deur die polisie.