Nog ’n afwaartse stap deur Suid-Afrika


Die ANC regering het vir die land ’n nuwe poolskip aangeskaf teen R1,4miljard. Die luukse vaartuig is gebou as ’n drywende laboratorium.

’n Aantal vooraanstaande wetenskaplikes beweer noudat die skip dalk ’n wit olifant gaan word.

“Suid-Afrika se reputasie in die navorsing omgewing in die Suidelike Oseaan en Antarktika is in gevaar,” skryf die 20 wetenskaplikes in die jongste uitgawe van die Suid-Afrikaanse Wetenskapsjoernaal.

“Dit word bedreig deur ’n deurmekaarspul, te min geld, gebrekkige konsultasie en ondeursigtigheid.”

Die omstandighede laat talle vrae aangesien die ANC/SAKP regering reeds sowat R900 miljoen wil oordra na die bankrot Zimbabwe terwyl kenners meen dit is geldd in die water gegooi wat nie weer terug betaal sal word nie.