NG Kerk se standpunt


Die NG Kerk is nie ’n volkskerk nie. Dit is die kerk van die Here Jesus Christus waar alle mense welkom is, aldus dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die kerk. Hy het die opmerking gemaak na aanleiding van opmerkings wat die historikus prof. Hermann Giliomee by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn gemaak het.

Prof. Giliomee het gesê: “Die Afrikaners het al van ’n baie vroeë stadium die idee van ’n volkskerk gehad. Die kerk moet gaan kyk wat die verhouding is met die volk waarin hy geplaas is. Is hy ’n volkskerk of is hy nie ’n volkskerk nie?”

Gerber het gesê die NG Kerk is Afrikaans en bedien grotendeels Afrikaanse mense maar die kerk is oop en het gekleurde lidmate.