Netcare hospitaalwerkers staak


Letterlik honderde werkers van die Netcare-hospitale het regoor die land begin staak.

Die staking is veroorsaak omdat die vakbond Nehawu 15% verhoging vir sy werkers geëis het. Netcare het 5% aangebied.

Werksaamhede word nie ernstig geraak nie maar die onderhandelings met die swart vakbond het misluk.

Dit kan veroorsaak dat die staking ’n uitgerekte en ’n duur oefening word.

Slegs ’n klein deel van die Netcare verpleegpersoneel, wat reeds hul verhogings ontvang het, neem deel aan die staking.

Daar is reeds gebeurlikheidsplanne in plek gestel,” het die groep se direkteur van menslike hulpbronne gesê.