Nadelige handelsbalans kleiner


Suid-Afrika se nadelige handelsbalans het volgens SARS in Februarie verlaag tot R9,5-miljard, teenoor Januarie se R24,5-miljard.

Uitvoere van R62,3-miljard se toename was 17% en was hoofsaaklik te danke in hoër handel in minerale en chemiese produkte, aangehelp met edelmetale, masijinerie en elektriese toebehore. Invoere het met 7,7% afgeneem tot R71,8-miljard.

Die opgelope nadelige handelsbalans vir 2013 beloop tans R34-miljard teenoor die vergelykende syfer van R23,7 van die vorige jaar. Die gemiddelde negatiewe syfer vir Januarie tot Desember verlede jaar was R9,63-miljard per maand wat in totaal R115,5-miljard vir die twaalf maande was.