Moordenaar gaan dalk lank sit


‘n Swart terroris van Trompsburg is Dinsdag deur die hooggeregshof in Bloemfontein twee keer lewenslange vonnis opgelê vir die moord op ‘n Vrystaatse boer en sy vrou.

Regter Faan Hancke het die terroris, Moeketsi Hlaasa (27), behalwe vir die lewenslange vonnis, tot ‘n verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die doel om te roof en nog 15 jaar vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Hlaasa het die bejaarde egpaar. mnr. Johannes Fourie en sy vrou Cecilia van die Knoppe-plaas naby Trompsburg in September 2012 vermoor.