Mooi voorbeeld van Ruwe Suid-Afrika


Die tweede dag van die Suid-Afrikaanse swem kampioenskappe in Port Elizabeth moes gekanselleer word weens die swak toestand van ‘n swembad se water.

Swemmers moes in grasgroen swembadwater probeer om hulle beste tye aan te teken in verskillende swem nommers.

Die verskoning wat aangevoer is, is dat ‘n pyp by die Newtonpark-swembad gedurende die naweek gebars het.

Die opkomende ster Myles Brown kon dus nie in die 400 m vryslag vir die Wêreldkampioenskappe in Barcelona kwalifiseer nie.

Dit dui op die bestuursvermoë wat by munisipaliteite heers.

’n Sportkenner en voormalige swemafrigter het gesê dat sulke nalatigheid die ontslag van amptenare moet meebring, want onderhoud aan toerusting word duidelik nie gedoen nie.

Sportlui soos Myles spandeer ure in die water om vir die land naam te maak en dan word alles tot niet gemaak deur lui en onverantwoordelike munisipale amptenare wat nie hulle werk behoorlik doen nie, het hy gesê.