Miljoene ton olie by Ogies gevind


African Exploration (AE) is die staat se mynboumaatskappy wat miljoene ton olie-slyk buite die ondergrondse olie bergplek in ou mynskagte by Ogies in Oos-Transvaal gevind het.

Boorwerk is gedoen in die bergplek en toe is op nog ’n groot hoeveelheid olie-slyk afgekom. Die opspraakwekkende feit is deur Sizwe Madondo, Uitvoerende Hoof van AE gemaak.

Daar is 55 miljoen ton olie-slyk buite die Ogies-mynskagte en in die skagte self is ’n verdere 44 miljoen ton.

Hy het gesê die AE werk saam met die WNNR om die skade aan die omgewing vas te stel.
AE wil steenkool in die Ogies-omgewing ontgin. Daar is nog twee olie bergplekke by Klippoortjie.

Die Ogies- en Klippoortjie-olie bergplekke is gevestig tydens die apartheidsera toe die vorige regering ruolie opgegaar het om sanksies te omseil.

Bheki Gila, Hoof van Strategiese Brandstoffonds (SFF), wat die olie-opgaar plekke by Saldanha, Milnerton en Ogies bestuur, sê dit is onseker of die olie bruikbaar is.

“As daar ander partye is wat dink hulle kan kommersiële waarde daaruit kry, wens ek hulle alle sterkte toe”, het hy gesê.

Ingenieurs wat bekend is met die raffinering van olie, sê dat die olie beslis gebruik kan word as die korrekte metodes gebruik word. Die olie is ’n waardevolle fonds en behoort eerder in die hande van kundiges gelaat te word om te suiwer.