Meerkat byt babaseuntjie


Mev. Jenine Neethling van Reitz is bekommerd nadat ’n meerkat haar eenjaar oue babaseuntjie in hul huis gebyt het.

Mev. Neethling sê haar seuntjie, Lehann is in hul huis op die dorp deur ’n meerkat aan sy regterbeen en kop gebyt en gekrap.

Sy sê Lehann was saam met die huishulp by die huis toe die meerkat, wat dikwels as troeteldiere aangehou word, by die huis ingehardloop en haar kind gebyt het.

Sy het hom dadelik na ’n plaaslike dokter geneem wat die wonde skoongemaak het en nou voorkomende behandel toepas teen hondsdolheid.
Die meerkat is doodgeskiet en monsters is na Onderstepoort gestuur vir ontleding ten einde te bepaal of daar voortgegaan moet word met die behandeling.