McBride vrygespreek


Die voormalige Oos-Randse-metropolisiehoof, Robert McBride, is verlede Donderdag in die Pretoria Hooggeregshof vrygespreek op klagtes van dronkbestuur en poging tot regsverydeling waarvoor hy vroeër tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.

McBride het teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer en regter Cynthia Pretorius het uitspraak gegee.

Sy het ondermeer gesê “Dit is die hof se bevinding dat die staat geen van die klagtes teen die beskuldigde bo redelike twyfel kon bewys nie.”

Sy het ook daarop gewys dat die getuienis van McBride se drie kollegas verwerp word. Die getuies
het hulle aanvanklik geskaar by McBride se weergawe van gebeure, maar later die dag is ‘n “skielike ommekeer” gemaak deur die getuies.

Eers word gesê hy was nie dronk nie, en later weerspreek hulle hulself nadat hulle vrywaring van vervolging gekry het in ‘n poging tot moord saak en toe staatsgetuies gedraai het.