Mandela nie te wel nie


Berigte is ontvang dat die oud-president van die ANC se gesondheid nie so goed is as wat voorgegee word nie. Hy sukkel met ’n ernstige longkwaal wat gedurig infeksie veroorsaak, probleme met galstene en sy geheue is baie swak. Sy beste vriende en naaste familie word dikwels onherkenbaar vir die 94 jarige.

Terwyl hy klaarblyklik goed versorg word in die hospitaal, is daar ander gerugte wat daarop dui dat die familie reeds begin twis oor wie gaan wat erf, en wie gaan beheer uitoefen oor watter fondse.

Kenners meen die magstryd binne die familie, en ook binne die ANC is besig om na ’n uiterste hoogtepunt te beweeg.