Man skiet 13 mense


Belgrado – ‘n Man het 13 mense, waarvan een ’n kleuter is, in Serwië doodgeskiet.

Die man in sy sestiger jare, het van een huis na die ander huis geloop in die dorp Ivanca, waar hy woon. In die proses het hy ses mans, ses vroue en ‘n tweejarige seun doodgeskiet.

Die aanvaller het ook sy eie vrou en homself geskiet, maar beide van hulle lewe nog en is in die hospitaal opgeneem.