Man met knopkierie doodgeslaan


’n Ma van Johannesburg het Pretoria toe gegaan om vas te stel waarom haar seun nie sy foon antwoord nie. Drie dae na die moord op haar seun kom sy op die erg verminkte lyk af in sy huis in Garsfontein.

Dit wil voorkom asof mnr. Louis Eksteen (45) met knopkieries doodgeslaan is en dat hy sy moordenaars geken het.

Sy broer, Theunis Eksteen (40) het gesê hy en sy ma, Adri (69), sukkel om die wreedheid te aanvaar.

Louis was die oudste seun van mnr. Daan Eksteen, ’n voormalige politieke korrespondent van die SAUK.

Louis se Mahindra-bakkie, sy harlgeweer en nog ’n paar van sy besittings word vermis.

Louis en sy ma het elke dag mekaar geskakel en so kontak gehou.

Louis se ma, Adri het saam met mense van die veiligheidsmaatskappy na sy huis gegaan. Sy het die deur oopgesluit en hulle het die lyk in die badkamer aangetref.