Malema kry nog ’n klap


Die Pretoriase Hooggeregshof het gelas dat ’n voorlopige hofbevel soos wat op 5 Maart ingedien is teen Julius Malema, nou verander is na ’n permanente hofbevel.

Dié hofbevel gee aan die kurators van Malema se bankrot boedel toestemming om met openbare veilings of ander verkopings al Malema se bates van die hand te sit.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ’n sekwestrasie-aansoek teen Malema ingedien vir sy belasting skuld van sowat R16 miljoen.

Beslag is reeds gelê op sy plaas wat na raming R4 miljoen werd is, asook op sy twee huise, in Sandton en Pietersburg.