Maatskappye veg teen Google


’n Hele aantal bekende maatskappye, onder meer Microsoft, het glo versoek om Google te ondersoek oor sy beweerde onbillike praktyk in die gesofistikeerde slimfoon-bedryf.

’n Oorkoepelende struktuur, FairSearch, wat bestaan uit 17 swaargewigte soos Expedia, TripAdvisor, Microsoft, Nokia en Oracle, beweer dat Google ‘n onregverdig voordeel geniet weens sy Android-bedryfstelsel.

“Die maatskappye versoek dat die Europese Kommissie ’n spoedige maar beslissend sal optree om mededinging en innovering te beskerm”, het Thomas Vinje, die FairSearch-verteenwoordiger, gesê.

FairSearch beweer dat Google druk plaas op maatskappye wat die Android-bedryfstelsel gebruik om Google se toonaangewende programme soos Google Maps en YouTube te gebruik.

Op so ’n wyse oorheers Google dan aanlyn-soektogte en die advertensiemark wat daarmee gepaard gaan.