Lugmag kwotas rampspoedig


Die internasionale militêre dinkskrum “Strategypage” het in ’n verslag gesê die Lugmag se beleid waarmee regstellende aksie onder sy lug- en tegniese bemannings teweeg gebring moet word, gaan op die lange duur baie meer vliegongelukke tot gevolg hê.

“Selfs met die huidige kwotas gaan die meeste swart vlieëniers in elk geval eerder kommersieel vlieg, waar hulle meer verdien.

’n Woordvoerder van die gesaghebbende “Strategypage” het gesê daar is in elk geval bitter min swart vlieëniers. Op die duur gaan die lugmag se beleid dus bloedweinig beteken as ’n hoër ongeluksyfer.

Dié Organisasie ondersoek militêre kwessies wêreldwyd.

Tans is daar nie genoeg vlieëniers om die vegvliegtuie wat ten duurste aangekoop is, te beman nie.