Londen verskerp veiligheidsmaatreëls


Veiligheidsmaatreëls word in Londen opgeskerp vir die marathon wat die komende naweek aldaar gehou word.
Dit volg nadat drie mense gedood is tydens die Boston-maraton in die VSA. Meer as ’n 100 mense is ernstig beseer tydens die ontploffings wat deur terreur bendes veroorsaak is.

Brittanje se Minister van Sport, Hugh Robertson, het gesê hy is vol vertroue dat die marathon veilig sal wees.

Hy meen die Verenigde Koninkryk het van die beste veiligheidspersoneel in die wêreld.