Liefling perd gaan rus


Die immergewilde saalperd Braveheart Warrior, wat oor etlike jare ses Suid-Afrikaanse grootkampioen vyfgangtitels ingepalm het op die Nasionale Saalperdkampioenskappe in Bloemfontein gaan vanjaar finaal uittree.

’n Swierige seremonie vir die staatmaker en die baas word eerskomende Saterdagaand tydens die Bloemskou gehou.
Die jong Tharine Smith (26), eienaar en ruiter van Braveheart, sal vir ’n laaste keer met trots die skougangers wys waartoe hulle in staat is.

“Hy raak nou ouer. Ek het mooi jare met hom gehad en hy het alles gegee. Ek wil hom nou daarvoor beloon, want hy is reeds 16 jaar oud, en sy welverdiende rus is die beloning wat hy verdien.,” sê ’n bewoë Tharine.