Lid van die Boere-Afrikaner Volksraad in Europa


Die Vryburger het kennis ontvang van die geslaagde besoek wat deur ’n lid van die verkose Boere-Afrikaner Volksraad aan Europa gebring het.
Die besoek het daartoe aanleiding gegee dat die Volksraad nou deel is van klag wat teen die ANC regime gele is oor die volksmoord in Suid-Afrika.
Volksraadslid Henk van de Graaf se eerste dag in Europa was uiters suksesvol. Die Volksraad is nou gevoeg as ‘n party tot die klag teen die regime van volksmoord.

Henk skryf: “Die Volksraad is nou ‘n party tot die Verkenners se klag van volksmoord teen die ANC by die Internasionale Strafhof in Den Haag. Die besoek, met ‘n saakverwysing, was baie vlot en maklik. Mnr. Mark P Dillon was nie self beskikbaar nie, maar een van sy ondergeskikte ondersoekers het ons te woord gestaan en terugvoer gegee van waar die saak tans staan.”

Henk het ook besoek af gele by die UNPO se kantore in Den Haag (op uitnodiging) en aan hulle ‘n afskrif van ons vryheidseis gegee. Hy is baie vriendelik ontvang en beskryf hy hierdie besoek as uiters suksesvol.