“Kragonderbrekings” waarsku Eskom


Die sukkelende kragvoorsiener, Eskom, sê dat hy gereed is om kragonderbrekings toe te pas in die wintermaande wat nou aanbreek.

Volgens Eskom se H.U.B., Brian Dames, sal Eskom nie huiwer om verbruikers se kragvoorsiening te onderbreek ten einde ”die land te beskerm nie”.

Die vorige kragonderbrekings deur Eskom het die land se ekonomie miljarde Rande se skade berokken. Eskom het reeds vanjaar by die krissespunt gekom waar daar soms slegs 1% se reserwe kapasiteit beskikbaar was en die koue wintermaande sal die gebrek aan reserwekrag deeglik beproef.

Die Medupi kragsentrale, waarop Eskom sy hoop gevestig het, sukkel om in bedryf te kom weens vakbondstakings, aangehelp deur die onvermoë van kontrakteurs om by beplanningsdatums te bly en verder aangehelp deur Affirmative Action en AAS vereistes waar ideologie dikwels belangriker beskou word as realiteite. Daar word nou gehoop dat die kragsentrale teen die einde van die jaar sal kan begin produseer en die ANC-regime se betrokke minister het gedreig dat die boeteklousules in die konstruksiekontrakte toegepas sal word as aflewering laat is.

Die tweede kragsentrale, Kusile, wat teen 2014 in bedryf moet kom, is ook reeds agter skedule weens soortgelyke probleme. Die twee steenkoolaangedrewe kragsentrales sal gesamentlik 9 600 Megawatt lewer as aanvulling tot die betaande 43 000 Megawatt waaroor Eskom reeds beskik.