Korrupte-skelms in onderwys


In die Noord-Transvaal is vier amptenare van die Onderwysdepartement wat geskors is, in hegtenis geneem nadat vasgestel is dat hulle glo poste vir spook onderwysers geskep het.

Sedert Augustus 2012 is derduisende Rand deur die vier skelms bekom..

‘n Polisiewoordvoerder, het gesê dat hulle in Nylstroom vasgetrek is.

Hulle het blykbaar tot nou sowat R330,000 vir die spook poste gekry.

Dit is bekend dat die provinsie se swart skole die van die swakste presteerders in die land is.

(foto – skoolboeke weggegooi in N-Tvl)