Korrupte polisie vasgetrek


Twee polisiebeamptes van Wes-Transvaal is in verband met korrupsie en diefstal in hegtenis geneem.

Die twee het na bewering twee winkels binnegegaan en geld van die eienaars geëis.

Hulle het glo aan die winkeliers gesê hulle ondersoek winkels vir onwettige sigarette.

Met dié ondersoek is vyf kartonne onwettige sigarette gevind en die beamptes het R1,000 van die winkeleienaar geëis.

Vriende van die winkelier het die polisievoertuig se registrasie nommer neergeskryf en die owerhede daarna gekontak en die bedrieërs verkla.

Die twee polisiemanne het ’n volgende winkel ingegaan en geld geëis nadat hulle twee kartonne onwettige sigarette gevind het.

Die twee polisiebeamptes is later in Mafeking in hegtenis geneem.