Komeet ISON


Die Hubble Ruimteteleskoop het astronome gehelp om die helderste blik nog op Komeet Ison te kry. Kenners hoop en glo dat dit die hemelruim later vanjaar groots sal verlig.

Die beeld van Komeet C/2012 S1 (ISON) was op 10 April waargeneem toe die komeet ‘n bietjie nader aan Jupiter se baan beweeg het. Die afstand van Jupiter is 621,206 miljoen kilometers en 634,081 kilometers van die son af.

Kenners glo dat dit dramties helderder sal word as dit om die son in November vanjaar beweeg. Die komeet se koma is 8046 kilometers groot en sy stert swaai 149,669 kilometers agter hom uit. Na verwagting sal die komeet helderder as Venus of selfs volmaan skyn.