Klag gelê teen Sirkusbase


Die Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het strafregtelike klagte van dieremishandeling teen die Brian Boswell-sirkus en sy olifant se hanteerder aanhangig gemaak.

Die klag spruit uit ’n voorval nadat ’n lid van die publiek ’n video van ’n opleidingsessie geneem het en die opname aan die NDBV beskikbaar gestel het.

Ainsley Hay van die NDBV het gesê dié diere welsynorganisasie is gekant teen die gebruik van wilde diere in ’n sirkus.

Nadat die amptenare van die NDBV na die opname gekyk het, is besluit om strafregtelike klagte teen die sirkus in te dien.

Die opname get onder meer gewys hoe die olifant se hanteerder die dier met ’n ysterstaaf in die gesig slaan.