Kind weer perdfris na slangbyt


’n Skooldogter van Sasolburg wat Sondag deur ’n slang op haar ouma se plaas gebyt is, het gister weer breed geglimlag. Sy is weer terug skool toe.

Sané Smit (11), van die Laerskool Fonteine het buite haar ouma se plaashuis met die honde gespeel. Daar is sy deur die slang gepik.

Sy het kalm gebly en geroep dat sy gepik is. Die slang is gesoek en dood gemaak.

Daarna is die slang saam geneem hospitaal toe waar sy behandel is met teengif.