Kepler: beter as planeet Mars


Washington – Deur middel van meer moderne teleskope het sterrekundiges gesê hulle het vanaf Nasa se toerusting twee planete gevind wat bykans identies aan die aarde is.

Twee van die vyf planete wat om die ster Kepler-62 draai is in ’n sogenaamde bewoonbare sone. Dit beteken dat die klimaat nie te warm of te koud vir die menslike liggaam sal wees nie.

Dié twee planete is soortgelyk aan die aarde en beter as ander planete wat voorheen ontdek is.

Die planete het ‘n groter radius as die aarde. Die grootste van die twee is 1,6 keer dié van die aarde en die ander een is 1,4 die grote.

Wetenskaplikes weet egter nie of die planete se oppervlak rotsagtig, waterryk en met lewende wesens of plante gevul is nie en of die atmosfeer lewe moontlik maak nie.

Nasa het in 2011 bevestig dat hy die heel eerste planeet in ‘n bewoonbare sone buite ons sonnestelsel gekry het. Die planeet Kepler 22b is sowat 600 ligjare weg wat beteken dat geen mens ooit daar lewendig sal aankom nie.