Karin Muir sterf


Die wêreldbekende Karen Muir, Suid-Afrika se swem legende van die sestiger jare het haar lang stryd teen kanker verloor.
Karen is gisteraand oorlede.

Sy is in 2009 met borskanker gediagnoseer.

Muir (nou De Graad) het in Augustus 1965 die jongste swemmer geword om ‘n wêreldrekord in dié sport te breek.
Sy was nog nie 13 jaar oud toe sy die 110 treë- rugslag (nou 100 m) in 1:08.7 afgelê het.

Daarna het Karen vir die daaropvolgende vyf jaar nie minder nie as 15 nuwe wêreldrekords opgestel in die 110 treë en 220 treë-rugslag.

Karen het van 2000 in Kanada gewoon.