Kaptein sou pa word


Kaptein Jakes van Rensburg van die Spesiale Magte Regiment was ’n verwagtende vader wat oor nege weke pa sou word. Hy is verlede Saterdag in die Krugerwildtuin dood na die helikopter neergestort het.

Sy vrou, Lize-Marie, is erg getraumatiseer deur die onverwagse heengaan van haar man. Sy verwag haar eersteling, ’n seuntjie.

Die vyf bemanning wat omgekom het is almal weermag personeel wat behulpsaam was met ’n veldtog teen renosterstropery in die Wildtuin.

Weermag personeel beweer dat kapt. Phil Chabalala, die vlieënier, asook sers. G.P. Ruiters, die vlugingenieur, weinig ondervinding het om in die wildtuin te vlieg. Ruiters het kwalik twee weke gelede as vlugingenieur gekwalifiseer.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dit is hoogs onverantwoordelik om twee sulke onervare mense in beheer te plaas van ’n helikopter in die wildtuin waar die omstandighede uiters moeilik is om te vlieg.