Jonathan Jansen ontken berigte


Prof. Jonathan Jansen sê hy het nooit gesê hy wens Nelson Mandela wil nou sterf nie.

Hy sê dít is ‘n wanvoorstelling van wat hy gesê het.

Die Volksblad het berig dat Jansen op ‘n beraad vir leerlinge onder meer gevra het: “Wens julle nie ook hy wil nou doodgaan nie?”

Jansen sê die punt wat hy probeer maak het, is dat Madiba reeds so baie vir Suid-Afrika gedoen het. Mandela het die land goed gedien en soms wil ’n mens net “wens dat mense hom wil uitlos dat hy sy laaste dae in vrede kan deurbring”.

Jansen het erken dat hy gesê het Mandela se hospitaalbesoeke is allermins “roetine-ondersoeke”.
Wanneer ‘n mens 94 jaar oud is, is ‘n besoek aan die hospitaal nooit net roetine nie, het hy gesê.