Johannesburg gaan kragtoevoer afsny


Meer as 10,000 Johannesburgse huise kan in donker gehul wees indien die rekenings nie vinnig betaal word nie.

Die huishoudings, sowel as sakeondernemings skuld die stad blykbaar meer as R3 miljard.

Afsluitings kennisgewings van R3 miljard word tans verwerk, het Selma Lloyd, die waarnemende direkteur Johannesburg se munisipaliteit gesê.

Volgens haar kan dié getal nog verder toeneem namate hulle deur die rekeninge werk.

Verlede week het die stad gewaarsku dat die dienste van inwoners met agterstallige rekeninge afsny gaan word.

Lloyd wou nie sê van bedrae wat deur enkele huishoudings en sakeondernemings geskuld word nie, of watter voorstede en woongebiede ter sprake is nie.