Is SA Rooi Kruis in ’n krisis?


Die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis sal eersdaags in die hof wees nadat werkers ’n aansoek ingedien het by die Hooggeregshof in Pretoria om die organisasie bankrot te verklaar.

Dit het gebeur nadat sowat 16 werkers van die Rooi Kruis se hoofkantoor summier uit diens gestel is. Dit is volgens een werkers omdat daar nie geld is om hulle te betaal nie.

Jaco Grobler sal die hofaansoek namens die werkers indien.

Grobler het gesê die Rooi Kruis besit talle geboue ter waarde van sowat R50 miljoen, maar die geboue betaal nie salarisse en ander uitstaande bedrae nie.
nie.

’n Likwidateur sal moet ingryp omdat dit duidelik is dat die Rooi Kruis kommersieel bankrot is, het hy gesê.

Grobler beweer ook dat die Rooi Kruis nie sy verpligtinge nakom nie, en dit sluit in die delging van ’n lening van etlike miljoene Rand by Standard Bank.
.