Irene hardloop soos ’n kampioen


Irene van Niekerk (15) het op 18 maande byna haar voete verloor toe sy in kookwater beland het.
Dit het daartoe gelei dat die die meeste van haar tone ernstig seergekry het.
Te midde hiervan het Irene ’n belowende jong atleet geword wat reeds 32 goue medaljes gewen vir byeenkomste op skool- en provinsiale vlak.
Haar minder bevoorregte ouers woon in ’’n woonwapark en Irene moet gevolglik haar oefening kaalvoet doen.

“ Die oppasser het my dogter as ’n baba in ’n bad vol kookwater gesit want sy het nie gesien die boetie draai die warmwater kraan oop nie. Die Here het my geseën met ’n wonderlike dogter wat my ontsettend trots maak,” sê mev. Van Niekerk.

Sy oefen minstens twee keer per dag, vroeg oggend en later die middag as haar huiswerk klaar is.
Irene (Snr) is die streng afrigter.

Irene is ’n nederige meisie wat graag eendag by die Olimpiese Spele wil deelneem.

Sy het ook die gehoor in een oor verloor nadat ’n hond haar gebyt het.
“Die kinders by die skool noem my klein Zola Budd,” sê die jong atleet.