Hospitaal se krisis vergroot


Nie minder as sewe spesialiste het in drie weke by die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg bedank.
Die bedankings volg nadat onderhandelinge vir beter vergoeding finaal misluk het.

Berigte is ontvang dat talle ander personeel dit ook oorweeg om te bedank vanwee dieselfde rede.

Dié hospitaal kan blykbaar sy status as ‘n akademiese hospitaal verloor indien daar nie genoeg spesialiste is om dokters op te lei nie.

Die bedankings sal ook ’n invloed hê dat pasiënte veel langer vir konsultasies en operasies gaan wag.