Hospitaal pasiënte ly honger


Die Menseregtekommissie (MRK) moes inderhaas inspring om hulle te vergewis van die nood in Vrystaatse hospitale.

Die tekort aan geld het daartoe gelei dat menige pasiënte nie kos kry nie en die hospitaal administratiewe werk word nie gedoen nie.

’n Woordvoerder van die MRK, het erken dat taakspanne nou sogenaamde verrassingsbesoeke aan verskeie hospitale in die provinsie gebring het.

Vorige berigte dat pa¬siënte nou honger ly omdat agterstallige skuld van miljoene Rande nie betaal word nie, het daartoe gelei dat die MRK moes ingryp.

Talle verskaffers van voedselsoorte het voorsiening gestaak omdat hulle meer as drie maande laas betaal is.

Personeel van sekere hospitale moes oor al uit hul eie sak gaan brood koop om pasiënte iets te gee om te eet.

Talle navrae aan die Vrystaatse Gesondheidsdepatement bly onbeantwoord.