Honde takel dame in straat


’n Jong vrou, Sonja Coetzer (25) wat in Brandfort die straat gestap het, is deur drie honde aangeval en erg beseer.

Tydens die aanval het sy tevergeefs aan ander mense se tuinhek vasgehou en om hulp geroep.

Sy het 122 bytmerke opgedoen.

Sonja moes daarna ’n operasie in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ondergaan.

Haar man, Jacques (31), sê die diere het haar oral op haar lyf gebyt.

Sy was op pad na haar man toe die aanval gedoen is. Sy moes vir ’n halfuur staande bly om nie totaal verskeur te word nie, en is verlos toe polisie die honde verjaag het.

Dit was nie bekend wie se honde daarvoor verantwoordelik is nie.