Hofstryd oor Mandela se besittings


Nelson Mandela se kinders wend hulle nou tot die hof om ontslae te raak van advokaat George Bizos en ander persone wat tans as direkteure van sy maatskappye is, te laat verwyder.

Berigte is waargeneem dat Maakaziwe en Zenani Mandela, sy dogters, ’n hofaansoek gebring het om Bizos en Tokyo Sexwale, asook prokureur Bally Chuene te verwyder uit Hamonieux Investment Holdings en Magnifique Investment Holdings se struktuur.

Die maatskappye is gestig om die opbrengs van Mandela tot voordeel van sy kinders aan te wend. Die opbrengs beloop meer as R15 miljoen.

Mandela se dogters sê dié drie direkteure is nie deur Mandela as aandeelhouers of direkteure aangestel nie.

Bizos het teruggekap en gesê die bewerings is onwaar en die hofaansoek sal teengestaan word.

Waarnemers meen dit is ironies dat daar nou struwelinge ontstaan rondom Nelson Mandela se besittings terwyl sy gesondheid verswak het.