Help om die geskiedenis op te teken


Tot hede het nie minder as dertien mense omgekom in die volksmoord wat voortduur nie, Wat egter kommer wek is die moontlikheid dat meer moorde plaasgevind het waarvan Die Vryburger onbewus is. Die redaksie het hulle verbind daartoe om die Volksmoord Projek2010 by te staan met gegewens in die verband.

In die lig hiervan word ’n beroep op lesers gedoen om gegewens oor moorde op volksgenote deur te stuur sodat dit op die databasis van Volksmoord Projek2010 aangebring kan word.

Volksmoord Projek2010 beskik oor die mees gesaghebbende databasis ter wereld oor die moorde wat plaasvind. Dit moniteer egter nie aanvalle waarvan die slagoffers dit oorleef het nie. Die databasis is ook nie ten doel om net plaas aanvalle te boek te stel nie.

Die moorde word aangeteken met adres, geboortedatum waar moontlik, plek van aanval, beskrywing en ook enige media berigte oor die voorval, tesame met foto’s.

Deur hierdie gegewens aan Die Vryburger te stuur dra lesers by tot ’n groot werk wat tot hede deur min mense gedoen is.

Deur u bydrae help u ook om ’n belangrike deel van ons geskiedenis op te teken vir die nageslag.

Daar is egter veel meer te lees. Die tragiese ongeluk waarin vier volksgenote omgekom het in ’n helikopter laat die vraag ontstaan of die soort rytuig altyd goed versien is deur goed opgeleide werktuigkundiges.

In ’n spesiale artikel word die vraag gevra of Taxes in die VSA nog ’n stap geneem het om af te skei van die Verenigde State. Sulke berigte maak vryheidsliewende volksgenote jaloers, maar laat miskien ook ’n dringendheid om te werk na die bereiking van hierdie grootse ideaal.

Twee terroriste is vinnig aangekeer in Kanada. Dit toon duidelik hoe paraat en toegewyd die polisie in daardie land is. Hierteenoor kan u ook lees van polisiebeamptes se handelinge in ons land en dan ’n eie gevolgtrekking maak,

Neem kennis van die berigte oor Eskom, oor die stakings, maar vir die liefhebbers van voertuie is daar elke week gawe inligting. Hierteenoor is die dames nie vergeet nie en is die normale rubrieke weereens met interessante leesstof beskikbaar.

’n Kommerwekkende aspek is die nuwe wetgewing om die media te muilband. Lesers kan dalk ervaar dat Die Vryburger gaan sukkel om te berig oor bepaalde gebeure soos korrupsie en ander gruwelike handelinge van maghebbers in die land.

Daar is nog nie volledige besonderhede oor hoe die Wet toegepas gaan word nie. Mettertyd sal meer duidelikheid verkry word.

Intussen werk Die Vryburger saam met sy lesers dat die Vierkleur weer kan wapper oor die velde van ons land.

Redakteur