Groen, vuil water oorsaak vir siek swemmers


Port Elizabeth: Die welbekende swemmer Roland Schoeman kon sy stempel afgedruk op die Suid-Afrikaanse swem kampioenskap in Port Elizabeth te midde van die geweldige oorinfeksie wat veroorsaak is deur die vuil water van die swembad waarin hy moes swem.

Sy geneesheer sê die oorinfeksie is ’n regstreekse gevolg van die vuil water in die Newtonpark-swembad.

Sy mede-Olimpiër, Suzan van Biljon was nie so gelukkig nie. Dié 24-jarige swemmer van Pretoria het ook infeksie in ’n oor én boonop urienweginfeksie opgedoen Ook in haar geval is dit direk as gevolg van die morsige water waarin hulle moes swem.

Dit blyk dat talle deelnemers nie hulle beste kon lewer nie weens die ongemak van infeksie wat veroorsaak is deur die vuil water.